The pragmatic paradigm as a viable option for school-based research

Authors

  • I. J. Oosthuizen North-West University, South Africa
  • P. du Toit North-West University, South Africa

Abstract

Onlangse nasionale en internasionale navorsingsverslae onderstreep die problematiek rakende onderwysstandaarde in Suid-Afrika. Dit is veral die lae geletterdheid en rekenkundige vaardighede wat afsteek. ? Benadering wat talle probleme in die alle daagse onderwyspraktyk kan identifiseer en ondervang, is praktykgerigte, skoolgebaseerde navorsing. Voortvloeiend uit hierde benadering word gerigte navorsing deur die onderwyser vanuit die hart van die praktyk onderneem in plaas daarvan dat dit van buite af deur politici en akademici gedoen word. Die doel van hierdie besinnende artikel is gevolglik om aan te toon hoedat ? pragmatiese benadering tot navorsing, (in plaas van die tradisionele, formeel gestruktureerde benadering) ? bruikbare moontlikheid aan die onderwyser bied om deel te neem aan skoolgebaseerde navorsing. Gegrond op ? literatuurstudie word enkele wesenseienskappe van die alledaagse onderwyspraktyk geïdentifiseer om aan te toon waar om aksienavorsing ? geskikte pragmatiese instrument is vir sodanige praktyknavorsing. Daar word aanbeveel dat die onderwyser die rol van die protagonis moet inneem en akademiese rolspelers as vennote moet betrek. Ten slotte word daar ook aangetoon dat, hoewel die pragmatisme lynreg met die Christelike lewens beskouing bots, die pragmatiese ingesteldheid inderwaarheid ? inherente deel van die Christelike werksetiek uitmaak.

Published

2012-12-21

How to Cite

Oosthuizen, I. J., & du Toit, P. (2012). The pragmatic paradigm as a viable option for school-based research. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 48(3-4), 333-355. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/300

Issue

Section

Artikels | Articles