An Educator Approach towards Learner Discipline as a Prerequisite in Dealing with Learner Misconduct

Authors

  • C. H. Eloff, Prof. North-West University, South Africa
  • I. J. Oosthuizen, Prof. North-West University, South Africa
  • H. S. Steyn, Prof. North-West University, South Africa

Abstract

Daar is deur die eeue heen gedebatteer oor die effektiwiteit van verskillende dissipline-metodes. Twee denkrigtings wat die impak van leerderdissipline beïnvloed, word bespreek. Die reformatief-pedagogiese denkrigting (gegrond op Christelike beginsels) word met die humanistiese denkrigting vergelyk. Die bespreking van beide die denkrigtings het ten doel om die mees funksionele hanteringsmetodes van leerderwangedrag te bepaal.
Die vraag ontstaan nou hoe die opvoeder leerderwangedrag vanuit ’n onderwysregtelike raamwerk kan benader as hy/sy eintlik aan ’n reformatief-pedagogiese denkrigting glo. Daar sal veral op die rol van die opvoeder in die hantering van leerderwangedrag vanuit beide denkrigtings gefokus word. Die rol van die opvoeder sal ook aan die hand van Suid-Afrikaanse wetgewing bespreek word. Die algemene persepsie van die Suid-Afrikaanse wetgewing is dat leer nie sal kan plaasvind as leerders hulle aan leerderwangedrag skuldig maak nie. Die rol van die opvoeder in die gebruik van dissiplinemetodes wat leerderwangedrag bevorder, word ondersoek.
Die vraag word deur middel van empiriese bevindinge wat die opvoeder-leerderverhouding ondersoek het, beantwoord. Die bevindinge van die literatuuroorsig asook die empiriese ondersoek sal vanuit die reformatories-pedagogiese en humanistiese denkrigting geëvalueer word. Aanbevelings word veral met betrekking tot vakkennis en die benadering van die opvoeder gemaak.

Published

2010-04-30

How to Cite

Eloff, C. H., Oosthuizen, I. J., & Steyn, H. S. (2010). An Educator Approach towards Learner Discipline as a Prerequisite in Dealing with Learner Misconduct. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, (1), 125-144. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/236

Issue

Section

Artikels | Articles