A Qualitative Exploration of Lesotho Educators’ Disciplinary Practices

Authors

  • C. de Wet, Prof.
  • L. Jacobs
  • A. Ferreira, Dr

Abstract

Die studie in hierdie artikel is deel van ’n internasionale navorsingsprojek oor leerderwangedrag en dissiplinêre praktyke. Die navorsingsinstrument was ’n vraelys. Die artikel lewer verslag oor die bevindinge van die tematiese inhoudanalise van ’n oopeinde vraag wat deur Lesotho opvoeders voltooi is. Die deelnemers is gevra om te beskryf hoe hulle pro-aktief poog om ’n gedissiplineerde klaskameratmosfeer te skep. Twee hooftemas, naamlik voorkomende en vergeldende dissiplinêre strategieë, is geïdentifiseer. Opvoeders wat voorkomende strategieë gebruik, beklemtoon die noodsaaklikheid van effektiewe klaskamerbestuur, positiewe opvoeder-leerderverhoudinge, die opvoeder as rolmodel, waarde-onderwys, portuurgroepleierskap, die betrokkenheid van kollegas en ouers by die dissiplinering van leerders, asook die sogenaamde “vergoedingstelsel”. Opvoeders wat strafmaatreëls inspan, gebruik fisieke en verbale tug omdat hulle glo dit is ’n effektiewe afskrikmiddel.

Published

2009-06-30

How to Cite

de Wet, C., Jacobs, L., & Ferreira, A. (2009). A Qualitative Exploration of Lesotho Educators’ Disciplinary Practices. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 45(1 - 2), 191-211. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/170

Issue

Section

Artikels | Articles