Comparison between Boys’ and Girls’ Experiences of Peer Sexual Harassment

Authors

  • C. de Wet, Prof. University of the Free State, South Africa
  • L. Jacobs University of the Free State, South Africa

Abstract

Die meeste Suid-Afrikaanse en internasionale navorsing oor seksuele teistering in skole fokus op die voorkoms van hierdie tipe gedrag. Daar is egter ’n toenemende aantal studies wat geslag as ’n risikofaktor in seksuele teistering geïdentifiseer het. Ten spyte van ’n omvattende literatuurstudie kon ons geen navorsingspublikasies opspoor wat Vrystaatse seuns en dogters se ervaring van portuurgroep seksuele teistering vergelyk nie. Die doel van hierdie studie is om genoemde leemte in die Suid-Afrikaanse seksuele teisteringliteratuur aan te spreek. ’n Vraelys is deur 474 graad 8-12-leerders voltooi. Ons data het, in teenstelling met die meeste navorsingsbevindinge, getoon dat veral seuns die teiken vir seksuele teistering in skole is. Resultate van die‘t’-toets toon statistiese beduidende verskille tussen seuns en dogters se blootstelling aan nie-verbale en fisieke teistering. Cohen se ‘D’-toets toon voorts aan dat daar ’n geringe prakties beduidende verskil tussen seuns en dogters se blootstelling aan bogenoemde twee vorme van teistering is. Resultate van ‘X2’-toetse toon dat seuns aan beduidend meer insidente van teistering as dogters onderworpe is, veral tydens skoolpartytjies en by die kafeteria (snoepie). Die prakties beduidende verskil tussen seuns en dogters met betrekking tot teistering by skoolpartytjies, sportbyeenkomste en die kafeteria is klein. Die studie toon aan dat seksuele teistering gewoonlik in klein groepe plaasvind. Aanbevelings oor hoe om portuurgroep seksuele teistering aan te spreek, word ook verskaf.

Published

2009-09-30

How to Cite

de Wet, C., & Jacobs, L. (2009). Comparison between Boys’ and Girls’ Experiences of Peer Sexual Harassment. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 45(3), 55-75. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/178

Issue

Section

Artikels | Articles