Teachers’ Experiences of Parent Involvement with Diverse Family Types

Authors

  • E. M. Lemmer

Abstract

In die hedendaagse Suid-Afrikaanse samelewing ervaar die gesinseenheid toenemend druk en kom uiteenlopende gesinstipes en ouerskaps- en kindersorgreëlings voor. Uit ’n Christelike oogpunt is dit belangrik dat die gesin by die kind se formele onderwys betrokke bly en dat alle skole kinders van alle gesinsagtergronde steun. Hierdie situasie skep nuwe uitdagings vir skole om doeltreffende ouerbetrokkenheid te bewerkstellig. In hierdie artikel word verslag gedoen van die bevindings van ’n kwalitatiewe ondersoek na onderwysers se ervarings van verskillende gesinstipes en ouerskaps- en kindersorgreëlings in onafhanklike multikulturele voorskoolse sentrums in ’n stedelike gebied in Suid-Afrika. ’n Literatuurstudie oor die status van die gesin in Suid-Afrika bied agtergrond. Die bevindinge dui daarop dat gesinne dit moeilik vind om ’n gesinslewe van goeie gehalte in ’n mededingende stadsomgewing te handhaaf en dat ouerskapsreëlings dikwels veelvuldige versorgers soos grootouers, au pairs en kindersorgdienste insluit. Laastens word strategieë voorgestel vir omvangryke ouerbetrokkenheid wat voorsiening maak vir die veranderende gesin.

Published

2009-06-30

How to Cite

Lemmer, E. M. (2009). Teachers’ Experiences of Parent Involvement with Diverse Family Types. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 45(1 - 2), 87-105. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/165

Issue

Section

Artikels | Articles