An apologetic approach to ATR's influence on Christain churches in Southern Africa

Authors

  • Henk Stoker Professor: Faculty of Theology, North-West University
  • Xolisa Matrose Faculty of Theology, North-West University

Keywords:

Apologetics, African Independant Churches, African Traditional Religion (ATR)on, Syncretism, African Christian Churches, Contextualisation

Abstract

Afrika Tradisionele Religie (ATR) stel ? beduidende uitdaging vir die Christelike kerk in Suider-Afrika. Lidmate van Christen kerke wat uit ? ATR-agtergrond kom, worstel dikwels met ? oorgang van hoe hulle opgegroei het deur die beoefening van ATR rituele, na die uitleef van Christenskap op ? nie-kompromitterende manier. Hierdie stryd kom duidelik na vore in die sinkretiese praktyke wat binne Christenkerke in Suidelike Afrika ontstaan het, waar elemente van ATR in Christelike aanbidding geïnkorporeer is. Hierdie sinkretisme is ? gevolg van die godsdienstige oortuigings en kulturele praktyke van gemeentelede. Ten spyte van hul pogings om by Bybelse leerstellings te hou, vind hulle hulself steeds aangetrokke tot tradisionele Afrika-godsdienstige praktyke en die gepaardgaande wêreldbeskouings. Belangrike aspekte van die ATR se invloed op Christen kerke wat in die Bybel as Woord van God glo, moet verstaan en apologeties aangespreek word.

Published

2024-09-05

How to Cite

Stoker, H., & Matrose, X. . (2024). An apologetic approach to ATR’s influence on Christain churches in Southern Africa. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 60(1&2), 1 - 28. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/1399