The Mind-bending Effect of Mind-control: a Case Study

Authors

  • M. A. Venter, Dr.
  • E. Wiechers, Prof.

Abstract

Die doel met hierdie artikel is om die ervaring van ’n voormalige kultelid, wat ten prooi van die proses van psigiese beheer geval het, te beskryf. Die 21-jarige man, wat lid van ’n misleidende kerk/kulte was, het ingestem om as respondent in hierdie kwalitatiewe gevallestudie op te tree. Sy ervarings onderwyl hy in die kulte was en daarna, is teen die agt psigiese beheerbeginsels, soos deur Lifton geïdentifiseer, gemeet. Deur die respondent se kulte-ervarings teen erkende psigiese beheer-tegnieke te meet, word die geleidelike disintegrasie van sy persoonlikheid, totdat hy die toestand van geïnduseerde psigose bereik het, sigbaar. Die tegnieke wat in hierdie groep gebruik is, asook die simptome wat die respondent getoon het, lei tot die maak van bondige aanbevelings rakende terapie.

Published

2006-01-31

How to Cite

Venter, M. A., & Wiechers, E. (2006). The Mind-bending Effect of Mind-control: a Case Study. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 42(1 - 2), 1-21. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/61

Issue

Section

Artikels | Articles