Impact on the Family when one or both Parents join a closed, high demand Group: A Family Systems Perspective

Authors

  • M. A. Venter

Abstract

Die gesin as ’n sisteem streef na outonomie, maar wanneer een of albei ouers lid van ’n geslote, hoë-eisegroep of ’n kultus word, kan dit ernstige implikasies vir hulle outonomie inhou. Boonop onderskat sommige professionele mense in hulpprofessies dikwels die mag van so ’n groep oor ’n individu. Die ouer wat lid is van die groep mag slegs beskou word as iemand wat baie toegewyd is aan sy of haar geloof.
Hierdie artikel word die dinamiek in die gesinsisteem wat deur die prosesse van kubernetika en konstruktivisme plaasvind, bespreek. Die verandering van hierdie prosesse in die lig van radikale gehoorsaamheid word deur ’n beskrywing van die elemente van gedagte-hervorming volgens Lifton (1989), asook met behulp van ’n gevallestudie geïllustreer.
Die uitwerking van spirituele indoktrinasie op die gesinsisteem is nog nie op ’n wetenskaplike wyse beskryf nie en professionele persone mag dit nodig vind om te verstaan hoe radikale gehoorsaamheid aan ’n korrupte spirituele leier die gesinsisteem se kommunikasie en die realiteitstigting kan beïnvloed.

Published

2008-06-30

How to Cite

Venter, M. A. (2008). Impact on the Family when one or both Parents join a closed, high demand Group: A Family Systems Perspective. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 44(3 - 4), 221-235. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/158

Issue

Section

Artikels | Articles