H.G. Stoker se gedagtes oor die gemeenskapsuniversiteit

Authors

  • Morné Diedericks Akademie Reformatoriese Opleiding en Studies, Pretoria, Suid-Afrika
  • Ferdinand J. Potgieter North-West University, South Africa

Abstract

Die oorspesialisering binne universiteite het die taak van ?n universiteitverander. Die artikel toon aan dat talle universiteite nie meer bekend kan staan as universiteite nie, maar eintlik multiversiteite genoem moet word. Die term multiversiteite verwys na opleidingsinstellings wat nieonderrig vanuit ?n eenheidsbeginsel (uni) nie, maar onderrig vanuit ?n veelheidsbeginsel (multi), wat multi-etosse en multi-benaderings het. ?n Eenheidsbeginsel is ?n opleiding wat een doel en een identiteit nastreef byvoorbeeld ?n Christelike universiteit. Die beoefening van Christelike wetenskap is nie moontlik binne ?n multiversiteit nie en net so kan ?n multiversiteit ook nie in diens staan van ?n bepaalde gemeenskap nie.Dit veroorsaak by sommige Christelike akademici die noodsaak omweer te vra wat die taak van die universiteit is, anders as die taak van ?nmultiversiteit. Professor H.G. Stoker het in sy lang akademiese loopbaan?n helder idee ontwikkel oor die taak van ?n universiteit. Stoker lig veral twee take van die universiteit uit: Dat die universiteit vanuit ?n eenheidsbeginsel moet onderrig en dat die universiteit in diens moet staan van ?n bepaalde gemeenskap. Die huidige krisis van die universiteitswese is ?n krisis watStoker al in 1969 in sy boek Beginsels en Metodes in die Wetenskapaangeraak het en Stoker bied ?n goeie raamwerk aan huidige Christelikeakademici om die taak van die universiteit in die 21ste eeu te bedink.

Published

2015-09-30

How to Cite

Diedericks, M., & Potgieter, F. J. (2015). H.G. Stoker se gedagtes oor die gemeenskapsuniversiteit. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 51(3), 1-22. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/376

Issue

Section

Artikels | Articles