Reformation Britain, the Political Dimension of the Covenant, and the Contribution of the Scots

Authors

  • S. A. de Freitas
  • A. W. G. Raath

Abstract

In die vroeë sestiende eeu, het daar vanuit die Zurichse reformatoriese denke ’n klemverskuiwing plaasgevind, vanaf ’n absolute eensydige, na ’n monoplories-daargestelde, maar duplories-werkende, verbondsidee. Laasgenoemde benadering het ’n groot invloed op insigte rakende die politieke gemeenskap gehad. In hierdie opsig het die Zurichse Reformator, Heinrich Bullinger (1504 - 1575), die verbond as God se persoonlike omgang met die mensdom verstaan: ’n verhouding gebaseer op ’n bilaterale en voorwaardelike ooreenkoms gesluit tussen God en die samelewing. As voorwaarde moet die samelewing God eerbiedig, en in ruil God se seëninge en beskerming ontvang. Alhoewel die Europese vasteland bygedra het tot hierdie federalistiese verbondsidee, het die Engelse Puritanisme, en veral die Skotse Presbiterianisme, ook ’n belangrike aandeel aan hierdie ontwikkeling gelewer. Sestiende- en sewentiende-eeuse Brittanje getuig nie net van ’n ryke verbondsteoretiseringsoefening nie, maar ook van die daadwerklike vergestaltiging van hierdie verbondskonsep binne die politieke omgang van daardie tyd. Dit was veral die Skotse Presbiteriane, by name John Knox (1505 - 1572) en Samuel Rutherford (1600 - 1661), wat in hierdie verband die weg gebaan het op die Britse Eilande, tot ’n volwaardige Bybelse insig met betrekking tot die verhouding tussen die Christelike gemeenskap en die verbondsidee. Dit is gevolglik belangrik om na die ontwikkeling van hierdie denke binne Reformatoriese Brittanje te gaan kyk en hierdeur ’n waardering te kultiveer van ’n denksisteem wat nog nie tot volle erkenning gekom het nie.

Published

2004-06-30

How to Cite

de Freitas, S. A., & Raath, A. W. G. (2004). Reformation Britain, the Political Dimension of the Covenant, and the Contribution of the Scots. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 40(3 - 4), 117-147. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/34

Issue

Section

Artikels | Articles

Most read articles by the same author(s)

<< < 1 2 3 > >>