Some implications of William Blackstone’s Biblical grounding of property rights for American jurisprudence
Abstract
In sy kommentaar op die Engelse gemenereg, verklaar die Engelse skrywer, William Blackstone, dat die reg op eiendom die emosies van die mensdom opwek en dat niks die verbeelding van mense aangryp soos die aansprake van individue op eiendom nie. Volgens Blackstone is die reg op eiendom in die natuurorde gegrondves, maar die wyse van beskerming van eiendomsreg en die oordrag daarvan word sosiaal bepaal. Die reg op eiendom vorm een van die sleutelregte volgens Blackstone. Hy wy ? groot deel van sy kom mentaar op die Engelse gemenereg aan die begronding daarvan, die beperkings wat regtens daarop geplaas mag word en die ver pligtinge wat individue onderling jeens mekaar het. Hierdie opstel gee ? oorsig van Blackstone se begronding van eiendomsreg en fokus veral op enkele aspekte van die onteiening van eiendom in die Amerikaanse reg en die voortgaande belang wat Blackstone se standpunte steeds in dié verband het.
Published
How to Cite
Issue
Section
In Terms of the provisions in the Copyright Act, 98 of 1987, as amended, the copyright of author(s) in regard to articles submitted to and published in the Journal for Christian Scholarship is protected. The Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys (VCHO) posesses the vested rights (copyright) in regard to published issues of the journal.
Die outeursreg (kopiereg) van outers ten opsigte van voorgelegde artikels aan en gepubliseerde artikels in die Tydskrif vir Christelike Wetenskap word beskerm, ingevolge die bepalings van die Wet op Outeursreg, 98 van 1987, soos gewysig. Die Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys (VCHO) beskik oor die gevestigde regte (outeursreg) ten opsigte van gepubliseerde uitgawes van die tydskrif.