Discipline in Educational Context: One Step Back and One Forward

Authors

  • Johannes L. van der Walt, Prof. North-West University, South Africa

Abstract

Volgens alle aanduidings ly skoolonderwys in Suid-Afrika onder ’n wye verskeidenheid dissiplinêre probleme. Hierdie probleme kan egter nie sonder meer toegeskryf word aan die transformasie wat sedert 1994 in die Suid-Afrikaanse samelewing plaasgevind het nie, ook nie aan die koms van ’n menseregtekultuur, insluitende die erkenning van die regte en vryhede van leerders nie. Dit kan ook nie sonder meer toegeskryf word aan die verbod op lyfstraf nie. ’n Ontleding van die situasie in een van die oudste beskawings, dié van Sumerië, toon dat dissiplineprobleme altyd deel was van menswees en van skoolonderwys. Onderwysers moet derhalwe steeds metodes vind om die probleem die hoof te bied. Een manier om dit aan te pak is deur weer eens aandag te skenk aan die diepe betekenis van die term ‘pedagogie’. Verder toon ’n vergelyking tussen die oorspronklike Sumeriese opvoeding en dissipline waarop die aartsvader Abraham sy rug gedraai het en die latere Judees-Christelike opvoeding en dissipline dat die tussenkoms en openbaring van die Drieënige God van die Bybel tot groot kwalitatiewe pedagogiese verdieping by laasgenoemde gelei het.

Published

2010-04-30

How to Cite

van der Walt, J. L. (2010). Discipline in Educational Context: One Step Back and One Forward. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, (1), 105-124. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/235

Issue

Section

Artikels | Articles