Discipline in the Classroom: a Levinasian Perspective

Authors

  • Johannes L. van der Walt, Prof. North-West University, South Africa

Abstract

Dissiplineprobleme in Suid-Afrikaanse skole kan as ’n gegewene beskou word. Die probleem self is al van verskeie kante ontleed, en daar is ook al wyd gesoek na oplossings. In hierdie artikel word die moontlikheid ondersoek om die probleem vanuit die nie-ontiese dog antropologies-eties gefundeerde ‘alteriteitsgedagte’ van Emmanuel Levinas te benader. ’n Oorsig van sy ‘alteriteitsiening’ dui daarop dat, in weerwil van die opvoeder se mees toegewyde pogings, die leerder as ‘ander’/‘'Ander’ nooit regtig verstaan kan word nie. Hoewel daar moontlike waarde sit in Levinas se siening dat die opvoeder (die ‘ek’) nie die leerder (die ‘Ander’) behoort te domineer of met geweld teen te gaan nie, maar wel met liefde, simpatie en begrip behoort te benader in aangesig-tot-aangesig ontmoetings, kan daar tog enkele kritiese vrae, onder meer vanuit Skriftuurlik-pedagogiese oogpunt, daaroor gestel word.

Downloads

Published

2010-04-30

Issue

Section

Artikels | Articles

How to Cite

Discipline in the Classroom: a Levinasian Perspective. (2010). Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 1, 85-103. https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/234

Most read articles by the same author(s)