Perceptions of Mission Education in South Africa from a Historicaleducational Perspective
Abstract
Sendingstrewe en -onderwys is ’n honderd en vyftig jaar lank ’n instelling in Suid-Afrikaanse onderwys. Alhoewel sendelinge baie ondervinding as opvoeders opgedoen het, het verskeie groeperinge in Suid-Afrika verskillende, meestal negatiewe opvattings oor hulle gevorm. In historiese skrywes heers daar verskeie denkskole met hul eie interpretasies van sendingonderwys, gewoonlik binne ’n beperkte verwysingsraamwerk. Waarneming is ’n komplekse fenomeen en moet verstaan word om die redes vir opvoedkundige geskiedkundiges se historiese en huidige siening van sendingonderwys te begryp. Die doel van hierdie artikel is eerstens om kortliks die rede vir waarnemingsverskille te bespreek en tweedens om hierdie kennis te gebruik om perseptuele verskille binne historiografiesopvoedkundige skrywes rakende sendingonderwys te verduidelik.
Published
How to Cite
Issue
Section
In Terms of the provisions in the Copyright Act, 98 of 1987, as amended, the copyright of author(s) in regard to articles submitted to and published in the Journal for Christian Scholarship is protected. The Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys (VCHO) posesses the vested rights (copyright) in regard to published issues of the journal.
Die outeursreg (kopiereg) van outers ten opsigte van voorgelegde artikels aan en gepubliseerde artikels in die Tydskrif vir Christelike Wetenskap word beskerm, ingevolge die bepalings van die Wet op Outeursreg, 98 van 1987, soos gewysig. Die Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys (VCHO) beskik oor die gevestigde regte (outeursreg) ten opsigte van gepubliseerde uitgawes van die tydskrif.