Bioethics in the context of Christian scholarship: Time for a new discussion?

Authors

  • Laetus Lategan Professor: Research and Innovation, Central University of Technology, Free State

Keywords:

Bioethics, Christian scholarship, healthcare, technology

Abstract

Die gesprek oor en die waarde van ? Christelike bioetiek is nie nuut nie. Alhoewel godsdiens ? vermindere invloed op gesondheidsorgbeleid het, is daar ? algemene waardering vir die Christelike bioetiek oor diè etiek se volgehoue bevordering van respek vir en beskerming van lewe. Nuwe tegnologiese en sosiale ontwikkelings in gesondheidsorg roep die vraag op of die Christelike biotetiek nie met hierdie nuwe ontwikkelings in gesprek moet tree nie. Uitdagings wat gedurende die COVID-19 pandemie geïdentifiseer is soos verteenwoordigende kliniese statistiek en die groeiende behoefte aan geestelike sorg in gesondheidsorg, noodsaak dat die Christelike bioetiek weer oor hierdie en ander sake moet nadink. Voorbeelde hiervan is die groeiende moontlikhede van biodrukwerk, kunsmatige intelligensie, besluitneming gebaseer op groot data reekse en die gebruik van robotte in gesondheidsorg. Terselfdertyd is daar ? groter ouerwordende gemeenskap. Hierdie populasiegroep sal meer druk plaas op die gesondheidsorgsisteem wat reeds deur swak dienslewering uitgedaag word. 

Die vertrekpunt van hierdie artikel is dat bioetiek uitdagings in gesondheidsorg insluit wat veroorsaak word deur nuwe tegnolgiese ontwikkelings, die pligte en verantwoordelikhede van farmaseutiese maatskappy en die regering, en die professionele verhouding tussen dokters, verpleegsters, en/of terapeute met die pasiënt en sy/haar familie en naasbestaandes. Hierdie artikel identifiseer sekere ontwikkelings wat op die gesondheidsorg impakteer en waarmee die Christelike bioetiek in gesprek behoort te tree. Die bedoeling is nie om hierdie sake te debateer nie, maar eerder die noodsaak vir die Christelike bioetiek om hierop te reflekteer, te benadruk. ? Argument-gebaseerde etiek word in hierdie artikel gebruik.Bioethics, 

Die waarde van ? Christelike bioetiek lê in die bydrae wat dit kan lewer tot sake soos die kwaliteit van lewe en gesondheid, die beoordeling van bestaande bioetiese perspektiewe en die gebruik van Bybelse perspektiewe om besluite en nuwe ontwikkelings in gesondheidsorg te beoordeel.

 

Published

2024-01-15

How to Cite

Lategan, L. (2024). Bioethics in the context of Christian scholarship: Time for a new discussion?. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 59(3&4), 147 - 164. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/981