Observations from elderly care: What ethical considerations are essential in public health?
Keywords:
Elderly care, ethics, social determinants, population growth, public healthAbstract
Waarnemings uit ouer persone versorging: Watter etiese oorwegings is belangrik vir publieke gesondheid?
Die groeiende ouerwordende bevolking is ‘n rede tot kommer omdat hierdie groei groter druk plaas op publieke gesondheidsdienste, sosiale ondersteuning en die ekonomie. Ten spyte van hierdie uitdagings is die gesprek hieroor oor tyd meestal afwesig in die globale suide. Sosiale determinante is ‘n belangrike faktor wat bydra tot die broosheid van die ouerwordende gemeenskap. Hierdie artikel wil ‘n bydrae lewer oor wat noodsaaklik vir die etiese agenda in publieke gesondheid in die globale suide is. Om hierdie saak aan te spreek, is ‘n tweeledige benadering gevolg. Eerstens is die uitdagings in ouer persone sorg geïdentifiseer. Tweedens is die etiese uitdagings hiervan bespreek. Hierdie uitdagings word bekyk vanuit ‘n publieke gesondheidsperspektief. Etiese beginsels soos toegelig deur Roger Burggraeve (groeietiek), Chris Gastmans (kwesbaarheid) en Paul Schotsmans (personalisme) is gebruik vir die identifisering van ‘n raamwerk om ouer persone versorging aan te spreek. Die raamwerk wat in hierdie artikel geïdentifiseer is, is gebaseer op drie dimensies van ouer persone versorging en nou verweef met broosheid en sorg. Hierdie raamwerk kan gebruik word om die redes vir ouer persone se broosheid aan te spreek terwyl sorg as uitkoms geprioritiseer word.
Published
How to Cite
Issue
Section
In Terms of the provisions in the Copyright Act, 98 of 1987, as amended, the copyright of author(s) in regard to articles submitted to and published in the Journal for Christian Scholarship is protected. The Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys (VCHO) posesses the vested rights (copyright) in regard to published issues of the journal.
Die outeursreg (kopiereg) van outers ten opsigte van voorgelegde artikels aan en gepubliseerde artikels in die Tydskrif vir Christelike Wetenskap word beskerm, ingevolge die bepalings van die Wet op Outeursreg, 98 van 1987, soos gewysig. Die Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys (VCHO) beskik oor die gevestigde regte (outeursreg) ten opsigte van gepubliseerde uitgawes van die tydskrif.