A TAKES (Theology, Anthrology, Knowledge, Ethics and Salvation) analysis of the world view of the South African Communist party

Authors

  • Paul Smit Faculty of Theology, North-West University

Abstract

Sedert stigting in 1921 het die SAKP ’n disproporsionele invloed op Suid-Afrikaanse politiek uitgeoefen vir ’n party van hulle grootte. Dít is as gevolg van hulle nabye bondgenootskap met die ANC. Hulle het hierdie bondgenootskap nagejaag op grond van ’n bevel deur Vladimir Lenin tydens die Derde Kommunistiese Internasionaal, wat beveel het dat kommunistiese partye hulle met nasionalistiese partye moet saambind om ’n twee-fase revolusie na te jaag. Die SAKP het hulle invloed op die ANC gebruik om die party in ’n kommunistiese rigting te stuur, en deur die ANC dieselfde met Suid-Afrika as geheel te doen. Om hierdie rede is dit belangrik om hulle wêreldbeskouing te verstaan, aangesien dit die dryfkrag agter die Nasionale Demokratiese Revolusie is. James Anderson het ’n metode vir die analise van wêreldbeskouings ontwerp, genaamd die TAKES-metode – dit staan in Engels vir Theology, Anthropology, Knowledge, Ethics, Salvation (Teologie, Antropologie, Kennis, Etiek en Verlossingsleer). Die verstaan van die SAKP se siening in elk van hierdie elemente, asook die ideologiese grondwerk wat vir elk deur Marx en Lenin neergelê is, sal daartoe lei dat die party, die ANC, en kommunisme oor die algemeen beter verstaan word. Dit sal die grondslag lê vir ’n holistiese Christelike antwoord daarop.

Published

2021-12-29

How to Cite

Smit, P. . (2021). A TAKES (Theology, Anthrology, Knowledge, Ethics and Salvation) analysis of the world view of the South African Communist party. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 57(3&4), 87 -114. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/573