A Reformed presuppositional critique of the worldview of the SACP

Authors

  • Paul Smit Faculty of Theology, North-West University

Abstract

Cornelius van Til het die Voorveronderstellingsapologetiek-metode ontwerp om met onbybelse wêreldbeskouings om te gaan. Dit kan tot ’n twee-stap proses vereenvoudig word. Eerstens moet die apologeet die ander se wêreldbeskouing eerlik, volgens die beskouing se eie logika en beginsels, assesseer. Dit sal onthul dat enige wêreldbeskouing wat nie in die Skrif gebaseer is nie altyd self-weersprekend en onlogies is. Tweedens, moet die apologeet die Bybelse antwoord op die verskeie aspekte van die wêreldbeskouing uitlig en daardeur aantoon dat daar alleen in die Skrif hoop en ’n samehangende verstaan van die wêreld kan wees. Hierdie proses gaan op die wêreldbeskouing van die SAKP toegepas word. Om dit te doen sal die party se wêreldbeskouing in die vyf aspekte, gebaseer op James Anderson se TAKES-metode – naamlik Teologie, Antropologie, Kennis, Etiek, en Verlossingsleer, opgedeel word. Deur hierdie metode te volg sal verskeie logiese en etiese probleme van die SAKP se wêreldbeskouing uitgelig word, asook die Christelike antwoord daarop.

 

Published

2021-12-29

How to Cite

Smit, P. . (2021). A Reformed presuppositional critique of the worldview of the SACP. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 57(3&4), 203 - 231. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/570