The ethics of elderly care - is the Church prepared for challenges and opportunities?

Authors

  • Laetus OK Lategan Research Education and Postgraduate Development, Central University of Technology, Free State

Abstract

Die etiek van ouer mense versorging – is die kerk voorbereid vir die uitdagings en geleenthede?

 

Hierdie artikel identifiseer toegepaste etiese riglyne vir die versorging van ouer mense wat deur die kerk gebruik kan word. Die ouer mense gemeenskap is ? brose gemeenskap soos dit duidelik blyk uit gesondheidsorg, ekonomie en sosiale verhoudings. Die COVID-19 pandemie, veroudering, die Vierde Industriële Revolusie en sosiale uitdagings soos mishandeling en om “ouers” vir kleinkinders te word, is uitdagings wat bejaarde mense beleef. Toegepaste etiese riglyne wat vir die versorging van ouer mense mense geïdentifiseer is, sluit die volgende in: (a) respek vir hulle broosheid en kwesbaarhied, (b) beskerming teen mishandeling en verwaarlosing en die volhou van hulle waardigheid, (c) voorsiening van ? veilige leefomgewing en (d) gehalte toegang tot gesondheidsorg en voorsiening. Hierdie riglyne word aan die kerk gebied om in die pastorale versorging van ouer mense te gebruik. Die riglyne kan ook gebruik word om die versorging van ouer mense te bevorder as deel van die sosiale kontrak tussen die gemeenskap en ouer mense.

 

Published

2021-12-29

How to Cite

Lategan, L. O. (2021). The ethics of elderly care - is the Church prepared for challenges and opportunities?. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 57(3&4), 149 - 171. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/566