Complexities of Biblical anthropologies (as Views-of-Humanity) in an e-Age

Authors

Keywords:

Biblical anthropology, Electronic communication, Technology, 'singularity'

Abstract

In hierdie bydrae word Bybelse antropologieë en die geïmpliseerde antropologie in sommige uitdrukkings van die tegnologiese samelewing tans in verband met mekaar gestel. Deur voort te bou op vroeëre navorsing deur die outeur in beide die Bybelwetenskappe en die Kommunikasiekunde, word hier dié twee dissiplines in verdere interaksie met mekaar gebring. Sodoende word ’n oorwoë breëre verstaansraamwerk daargestel vir die beoordeling van, as konkrete toepassingsvoorbeeld, ’n onlangse geval waaroor in die nuusmedia berig is, waarin die Skrif nie net metafories ‘beliggaming’ gevind het nie. ’n Kritiese ingestelheid beteken dat nóg die miskenning van die diversiteit in Bybelse mensbeskouings nóg ’n eensydige afwysing van nuwe tegnologie sal deug. ’n Ingeligte breëre verstaansraamwerk help dat, eerder as om met nuwere kommunikasie-tegnologiese ontwikkelinge op ’n voorskriftelike manier om te gaan, Bybelteks en moderne leefwêreld diskursief met mekaar in verbinding gestel kan word. Sodoende word die moontlikhede van Skrifrelevansie verbreed.

 

Downloads

Published

2019-12-31

Issue

Section

Artikels | Articles

How to Cite

Complexities of Biblical anthropologies (as Views-of-Humanity) in an e-Age. (2019). Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 55(4), 213-238. https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/480

Most read articles by the same author(s)