Teologiese opleiding in Afrika en ekumenisiteit in spiritualiteitsperspektief: ’n oriënteringsraamwerk en kurrikulumvoorstelle vanuit die vakwetenskap Christelike Spiritualiteitskunde

Authors

  • Christo Lombaard University of South Africa

Keywords:

Teologiese opleiding, Ekumene, Afrika, Christelike spiritualiteit, Mistiek, Praktiese onderrigoefeninge, Theological education, Ecumenism, Africa, Christian spirituality, Mysticism, Practical educational exercises

Abstract

In opdrag van die Wêreldraad van Kerke (nl. Lombaard, 2013:771-778, waarvan hierdie bydrae die verdere Afrikaanse verwerking is) word in hierdie bydrae die verlede, toekoms en hede kortliks verken in die lig van hulle verhouding met die Christelike Spiritualiteit-vakdissipline as ? opkomende groeipunt vir ekumeniese teologiese opleiding. Hierdie tydsdriedeling verskaf die kontekste waarbinne verken word wat spiritualiteit en mistiek is en hoe dié twee inherente ervaringsaspekte van die Christelike geloof belangrike merkers kan word in die verdere ontwikkeling van spesifiek die ekumeniese teologiese opleiding op die Afrika-kontinent. Ter praktiese bevordering van laasgenoemde doelwit word ? paar voorstelle aan die hand gedoen vir opvoedkundige oefeninge waardeur sensitiwiteit vir spiritualiteit binne Afrika-ekumenisiteit, spesifiek binne teologiese opleidingsprogramme, uitgebou kan word. Tipies van die wetenskapsprotokol van die Christelike Spiritualiteit as dissipline, word hier nie net oor spiritualiteit en mistiek geskryf nie; plek-plek word ook, onvermydelik, spiritualiteit/mistiek geskryf.

In research commissioned by the World Council of Churches (viz. Lombaard. 2013:771-8, of which the current contribution is a further Afrikaans development), in this contribution first, the present, past and future are briefly explored as they relate to the Christian Spirituality  discipline as an emerging growth point for ecumenical theological education. This gives the contexts in which to explore what spirituality and mysticism are, and how these two inherently experiential aspects of the Christian faith may become key markers in the further development of specifically ecumenical theological education on the African continent. To this end, some suggestions are made for educational exercises by means of which sensitivity towards spirituality within African ecumenical theological education may be enhanced. Typical of the scholarly protocols of the discipline of Christian Spirituality, the writing here is not only about spirituality and mysticism; at times, inescapably, spirituality/mysticism itself is written.

Published

2016-12-16

How to Cite

Lombaard, C. (2016). Teologiese opleiding in Afrika en ekumenisiteit in spiritualiteitsperspektief: ’n oriënteringsraamwerk en kurrikulumvoorstelle vanuit die vakwetenskap Christelike Spiritualiteitskunde. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 52(4), 259-275. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/412

Issue

Section

Artikels | Articles