Enhancing anti-corruption strategies in promoting good governance and sound ethics in the South African public sector

Authors

  • Tryna van Niekerk Central University of Technology, South Africa
  • Basie Olivier Central University of Technology, South Africa

Abstract

Korrupsie is nie alleen ? kritiese bedreiging vir die lewering van basiese dienste nie, maar put ook die staat se hulpbronne uit en onder myn ontwikkelings- en groei inisiatiewe. Dit verweer die regsorde, die demokratiese etos, en hou ? ernstige bedreiging in vir goeie regering in die Suid-Afrikaanse openbare sektor. Nieteenstaande allerlei pogings om korrupsie te bekamp word verskeie insidente gerapporteer van tenderongerymdhede, vrugtelose en vermorste besteding, omkopery, bedrog en die misbruik van staatsvoertuie, asook ongerymdhede met verkrygings- en  aanstellingsprosedures. Meganismes om korrupsie te beveg, is slegs die een kant van die muntstuk, en moet gekoppel word aan die profiel van goeie regering. Hierdie artikel verskaf ? oorsig van internasionale modelle en die oorgang van ? korrupte staat na goeie regering, gevolg deur ? bespreking van nasionale modelle om goeie regering te bevorder en die institusionele pogings om korrupsie hok te slaan. Verder word ? oorsig verskaf oor die prestasie van die Suid-Afrikaanse openbare sektor en wat die toekoms vir goeie regering inhou.

Published

2012-12-21

How to Cite

van Niekerk, T., & Olivier, B. (2012). Enhancing anti-corruption strategies in promoting good governance and sound ethics in the South African public sector. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 48(3-4), 131-156. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/292

Issue

Section

Artikels | Articles