The unique Nature of The Bible and how to read It: A Reformational-Philosophical Reflection

Authors

  • B. J. van der Walt

Abstract

Die meeste Christene sal sonder probleme die Bybel as die gesagvolle Woord van God, wat deur hulle verstaan en gehoorsaam moet word, aanvaar. Op die keper beskou, blyk uit die verskillende wyses waarop gelowiges die Bybel lees en wetenskaplikes dit bestudeer egter dat hulle die Bybel op totaal verskillende maniere beskou. Voorbeelde is dat dit ’n leerstellige, morele of historiese teks sou wees. Hoewel al sulke visies waarheidsmomente bevat, sien hulle nie die unieke aard van die Skrif as geloofsboek raak nie en kan gevolglik ook nie daaraan in hulle Skrifverklaring reg laat geskied nie.
’n Christelik-filosofiese benadering kan ’n beter antwoord bied op dié kernvraag wat die werklike aard van die Bybel as geskrif is. Gevolglik kan dit ook duideliker maak waarom en hoe die Bybel vir die hele lewe van die gelowige gesagvol is. Terselfdertyd kan bestaande metodes van Bybellees en -bestudering verbeter of vervang word met maniere wat die unieke karakter van God se Skrifopenbaring erken.

Published

2008-06-30

How to Cite

van der Walt, B. J. (2008). The unique Nature of The Bible and how to read It: A Reformational-Philosophical Reflection. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 44(3 - 4), 59-87. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/151

Issue

Section

Artikels | Articles

Most read articles by the same author(s)

<< < 1 2 3 4 > >>