The ‘Eclipse’ of the Object of Research in Late-modern Philosophy of Science: Causes and possible Remedies
Abstract
Hierdie artikel verken die geleidelike “verdwyning” van die objek van navorsing in die laat-moderne wetenskapsfilosofie. In die eerste deel van hierdie artikel (afdelings 2 tot 6) word die “verduistering” van die navorsings-objek (wat gepaard gaan met ’n groeiende beklemtoning van die rol van die kennende subjek) aangetoon en bespreek. In die volgende fase (afdeling 7) word gesoek na die oorspronge van die probleem en voorgestel dat dit te doen het met die Cartesiaanse verdeling tussen die subjek en objek van kennis. In hierdie dichotomie gee nominalisme voorkeur aan die kennende subjek, terwyl realisme die objek vooropstel. Een van die konsekwensies van hierdie Cartesiaanse verdeling is die probleem van die inkongruensie tussen wetenskap en die studie-objek. Alhoewel beide nominalisme en realisme hierdie probleem ervaar, is dit veral in die nominalistiese weergawe van hierdie teenspraak wat die verskynsel van die “verdwyning” van die objek meer dramaties ervaar word.
Laastens (afdelings 8 en 9), word aanbeveel dat die strukturele orde van die werklikheid erken word as ’n reaksie op die probleem van die “verduistering” van die navorsings-objek. Hierdie ontologiese voorstel word op die kenteoretiese vlak vergesel van die suggestie dat dit moontlik is om beide die individuele en universele te ken en dat die skeppingsmatige/strukturele orde wel toeganklik is vir wetenskaplike ondersoek en daarom nie so ontwykend is as wat dit in die laat-moderne wetenskapsfilosofie voorgestel word nie.
Published
How to Cite
Issue
Section
In Terms of the provisions in the Copyright Act, 98 of 1987, as amended, the copyright of author(s) in regard to articles submitted to and published in the Journal for Christian Scholarship is protected. The Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys (VCHO) posesses the vested rights (copyright) in regard to published issues of the journal.
Die outeursreg (kopiereg) van outers ten opsigte van voorgelegde artikels aan en gepubliseerde artikels in die Tydskrif vir Christelike Wetenskap word beskerm, ingevolge die bepalings van die Wet op Outeursreg, 98 van 1987, soos gewysig. Die Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys (VCHO) beskik oor die gevestigde regte (outeursreg) ten opsigte van gepubliseerde uitgawes van die tydskrif.