Establishing Mutual Ground that enables Counselling of Religious Cult Victims

Authors

  • S. P. Pretorius, Dr. University of South Africa

Abstract

Verskillende modelle van berading vir verskillende tipes mishandeling word in literatuur aangedui. ’n Model vir slagoffers van geestelike mishandeling aan die hand van godsdienstige kultes is egter nog in gebreke. Alvorens hierdie slagoffers berading kan ontvang moet ’n gemeenskaplike grond gevestig word. In hierdie artikel word eerstens gepoog om aan te dui hoe godsdienstige kultes ’n ander wêreld vir hulle volgelinge skep, deur die bestaande stelsel van beïnvloeding te vervang met ’n kultestelsel en sodoende ’n verandering in die identiteit en persoonlikheid van die volgeling teweeg te bring. Met die tot- standkoming van ’n ander identiteit en persoonlikheid word gedrags- verandering bewerkstellig. In die proses word volgelinge emosioneel afhanklik van die groep en antagonisties teenoor die buitewêreld. Hierdie gedrag kompliseer die beradingsproses. In hierdie artikel word aangevoer aan dat een metode om hierdie slagoffers te bereik is deur hulle na ’n posisie te beweeg vanwaar hulle die egtheid van die kulte en die meegaande praktyke kan evalueer en bevraagteken. Die slagoffer is meer geneë om te luister na ander standpunte wanneer twyfel oor die egtheid en modus operandi van die kulte bestaan. Verder word die noodsaaklikheid van ’n inklusiewe beradingsmodel in die berading van die slagoffers beredeneer.

Published

2007-06-29

How to Cite

Pretorius, S. P. (2007). Establishing Mutual Ground that enables Counselling of Religious Cult Victims. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 43(3 - 4), 201-216. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/136

Issue

Section

Artikels | Articles