Transcending “Life” in the Biblical Protection of the Unborn: Perspectives towards a Jurisprudential Anti-Abortion Apologetic
Abstract
Populêre Christelike teenaborsieregsleer wat die konsep van “lewe” oormatig beklemtoon, vereis ernstige heroorweging, nie net omdat ’n verheffing van die konsep van “lewe” ’n eenvoudige wetenskaplike ondersoek (wat uiteindelik diverse uitkomste tot gevolg het) in die weegskaal plaas nie, maar ook dat die idee van die Beeld van God in die proses ontken word. Deur in gedagte te hou dat die Skrif duidelik is omtrent die heiligheid van die ongeborene, asook die feit dat die Beeld van God ook op die ongeborene van toepassing kan wees, word ’n wesenlike element en sin van dringendheid ingebring in ondersteuning van die opposisie tot die euwel van aborsie vanuit ’n Bybelse regsleerhoek. Nie net wakker hierdie artikel opnuut weer die belangrikheid aan van die idee van die Beeld van God onder Christelik-Bybelse (regsleer-) pogings om aborsie teen te staan nie, maar dit verskaf ook regsleerperspektiewe wat dikwels geïgnoreer word, en rig sodoende ’n waarskuwing oor hoe irrasioneel en arbitrêr kontemporêre pro-aborsieregsleer inderdaad is. Dít baan daarom die weg vir ’n effektiewe Bybelse teenaborsieregsleerapologetiek wat die beperkings van die konsep van “lewe” oortref wat ongelukkig so dikwels kontemporêre Christelike pogings ten opsigte van die beskerming van die aggressiewe aanslag teen die hulpelose ongeborene verteenwoordig.
Published
How to Cite
Issue
Section
In Terms of the provisions in the Copyright Act, 98 of 1987, as amended, the copyright of author(s) in regard to articles submitted to and published in the Journal for Christian Scholarship is protected. The Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys (VCHO) posesses the vested rights (copyright) in regard to published issues of the journal.
Die outeursreg (kopiereg) van outers ten opsigte van voorgelegde artikels aan en gepubliseerde artikels in die Tydskrif vir Christelike Wetenskap word beskerm, ingevolge die bepalings van die Wet op Outeursreg, 98 van 1987, soos gewysig. Die Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys (VCHO) beskik oor die gevestigde regte (outeursreg) ten opsigte van gepubliseerde uitgawes van die tydskrif.