The growing, worldwide movement for Christian higher education

Some requirements for Christian tertiary education, especially in Africa

Authors

  • Bennie J. van der Walt North-West University, South Africa

Abstract

Die groeiende, wêreldwye beweging vir Christelike hoër onderwys; enkele vereistes vir ? Christelike tersiêre instelling, veral in Afrika
Hierdie en die twee volgende artikels bevat die bygewerkte teks van ? lang lesing wat oorspronklik by die internasionale konferensie van die International Association for the Promotion of Christian Higher Education (IAPCHE) op 25 Mei 2013 by Calvin College te Grand Rapids, Michigan in die VSA gelewer is. Die sentrale tema van die konferensie was “How to internationalize Christian Higher Education through IAPCHE”. Ek is versoek om my lesing veral op Afrika toe te spits.
Die titel van my lesing was egter “How NOT to internationalize – and perhaps secularize and render irrelevant – Christian higher education on the African continent”. Die rede vir die “How NOT...” was omdat ek nie so seker was dat die nuwe modegier van internasionalisering – ten spyte van die voordele wat dit mag inhou – nie ook (soos in die geval van die voorafgaande idees van ontwikkeling en globalisering) ideologies besmet is nie.
As gevolg van die lengte van die lesing word dit in drie agtereenvolgende artikels verdeel. Hierdie eerste een bied die agtergrond. Die tweede sal verduidelik hoe en waarom die destydse  Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO) versekulariseer is. Die derde artikel sal sewe kragtige kontemporêre ideologieë bespreek as ? belangrike rede waarom die PU vir CHO getransformeer is tot die huidige sekulêre Noordwes Universiteit.
In hierdie inleidende artikel word oor die volgende besin: (1) Die huidige internasionalisering van Christelike hoër onderwys (CHO); (2) Die Afrika-konteks; (3) Drie leidende visies wat in die loop van die geskiedenis ontwikkel het oor die aard en taak van ? tersiêre instelling. (4) Die soort diens wat van so ? instelling (universiteit of kollege) verwag kan word. (5) Die belangrikheid van ?  pluralistiese samelewingsfilosofie vir die (relatiewe) onafhanklikheid van instellings vir hoër onderwys van kerklike, politieke en ekonomiese oorheersing. (6) As oorgang tot die tweede artikel word ten slotte verduidelik waarom die skrywer (in die hieropvolgende artikel) dit as belangrik beskou dat die geskiedenis van die sekularisering van die PU vir CHO – as waarskuwing vir ander Christelike instellings – vertel behoort te word. (Hoewel die lesing nou in artikelvorm gepubliseer word, is die voordragkarakter daarvan nie drasties verander nie.)

Published

2014-05-29

How to Cite

van der Walt, B. J. (2014). The growing, worldwide movement for Christian higher education: Some requirements for Christian tertiary education, especially in Africa. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 50(1-2), 173-210. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/343

Issue

Section

Artikels | Articles

Most read articles by the same author(s)