Plato, Aristoteles en Cicero oor Vriendskap

Authors

  • Kobus Smit

Abstract

The classical authors paid much attention to friendship. Although their thoughts had no link to the Jewish-Christian revelation and tradition their concepts are important to analyse friendship as societal structure. This article analyses Plato, Aristoteles and Cicero’s view on friendship. The Reformational tradition is respected herein. The article concludes with a qualification of the structure of friendship.
Drie merkwaardige tekste uit die klassieke word in hierdie artikel oor vriendskap ondersoek. Die verrassende is dat Plato met sy Lusis, Aristoteles met die Nicomacheense Etiek en Cicero met die Amicitia 2000-2400 jaar gelede reeds met verrassende analises van vriendskap vorendag gekom het. Maar meer as dit: daar is die afgelope twintig eeue weinig tot hierdie tradisie toegevoeg wat die moeite werd is om te verreken. Wat hulle te sê gehad het, het geen verband met die Joods-Christelike openbaring en tradisie nie. En tog bied dit sinvolle boustof vir die ontleding van vriendskap as samelewingstruktuur. Die idee van hierdie artikel is ’n analise van die beskouings van Plato, Aristoteles en Cicero oor vriendskap met die oog op ’n struktuuranalise van hierdie sosiale verhouding.

Published

2006-05-31

How to Cite

Smit, K. (2006). Plato, Aristoteles en Cicero oor Vriendskap. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, (1), 139-161. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/97

Issue

Section

Artikels | Articles