Fundamental anthropological principles for Christian universities: The image and likeness in Adam's beatific vision

Authors

  • Morné Diedericks Lektor, Akademie Reformatoriese Opleiding en Studies (AROS)

Keywords:

Adam, Anthropology, Image of God, Christian universities, Multiversity, Likeness, Beatific vision

Abstract

Die universiteitswese is in ? krisis. Een van die hoofredes wat aangevoer word vir hierdie krisis, is die universiteite se onvermoë om studente te onderrig oor wat ? mens is. Hierdie bring mee dat universiteite se funksie verskraal word tot die opleiding van hiper-individualistiese spesialiste, wat gebrek het aan ? etiese begronding. Christelike universiteite kan die krisis van onetiese individualistiese spesialiste binne universiteitswese aanspreek deur die onderrig van fundamentele Christelike antropologiese beginsels. Om die krisis binne universiteitswese dieper te verstaan word gekyk na wat aanleiding gegee het tot die krisis, met die fokus op die wyse waarop die gebrek aan fundamentele antropologiese beginsels bygedra het tot die krisis binne universiteite. As antwoord op die krisis binne universiteitswese word fundamentele antropologiese Christelike beginsels vanuit ? Reformatoriese lewens-en-wêreldbeskoulike raamwerk bespreek. Daar word spesifiek gefokus op die Skoonheidsvisie van die eerste en tweede Adam. Laastens word gekyk na die unieke bydrae wat die Christelike universiteitswese kan maak ten opsigte van die onderrig van Christelike antropologiese beginsels vanuit die implikasie van die Skoonheidsvisie van Adam. Die praktiese implikasies van die onderrig van Christelike antropologiese beginsels vanuit die implikasie van die Skoonheidsvisie is dat studente deurlopend in die aktiwiteite en kurrikulum van die universiteit gekonfronteer word met ? Christian lewensvisie in alle aspekte van die lewe. Verder behoort Bybelonderrig ? kernrol te speel in die samestelling van die kurrikulum, maak nie saak watter veld van studie studeer word nie. Laaste is dat universiteitspersoneel, dosente en studente doelbewus geleenthede moet skep om saam die Here te aanbid.

Published

2023-02-02

How to Cite

Diedericks, M. (2023). Fundamental anthropological principles for Christian universities: The image and likeness in Adam’s beatific vision. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 58(1&2), 187 - 201. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/778