Ageing - a growing (health) challenge with ethical consequences: Advice from the World Health Organisation

Authors

  • Laetus Lategan Research Professor, Central University of Technology, Free State

Keywords:

Ageing, Ethics, Geriatric community, Public health, Social determinants

Abstract

Hierdie artikel fokus op die wêreldwye verskynsel van ouerwordende gemeenskappe en dus ouer of geriatriese gemeenskappe. Die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO) voorspel dat die aantal ouer mense sal verdubbel teen 2050. Die vraag is wat kan ons leer van die WGO se hantering van oudword. ’n Opvolgvraag is hoe hierdie antwoorde gebruik kan word in die etiese riglyne vir geriatriese sorg. Hierdie waarnemings het tot die volgende navorsingsvraag vir hierdie studie gelei: Watter bydrae kan die WGO kommentare en riglyne maak tot die etiese riglyne vir geriatriese sorg? Om aan hierdie vraag aandag te gee, is dit belangrik om die gevolge van ’n ouerwordende gemeenskap te verstaan. Die uitkoms van die kwalitatiewe navorsing word as etiese riglyne vir geriatriese sorg aangebied. Die navorsingsresultate word in die konteks van publieke gesondheid aangebied. Publieke gesondheid het te doen met die verbetering van die kwaliteit van ’n bevolking se gesondheid en welwese. ’n Christen medies-etiese perspektief dra tot die debat by. Hierdie perspektief is nodig omdat globale riglyne ’n godsdiens neutrale aanslag het maar nog steeds geïmplementeer moet word. Hierdie implementering kan deur ’n Christelike perspektief op gesondheidsorg beïnvloed word. Die voorgestelde riglyne word teen die agtergrond van ’n professionele etiek aangebied.

 

Published

2023-02-02

How to Cite

Lategan, L. (2023). Ageing - a growing (health) challenge with ethical consequences: Advice from the World Health Organisation. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 58(1&2), 143 - 164. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/776