Temporality: a trait, a dimension or an aspect of reality

Authors

  • Danie Strauss Research Fellow, School of Social Transformation, North-West University

Abstract

Dit ondersoek kortliks enkele vertrekpunte wat voortvloei uit die Griekse filosofie, insluitend Aristoteles se nadenke oor die oneindige deelbaarheid van kontinuïteit (tydperke) en sy onderskeid tussen die potensiële en aktueel-oneindige. Enkele gesigspunte rakende die Middeleeuse era, die vroeë Moderne era en die Verligtingstydperk word toegelig deur ’n aantal implikasies vir die wiskunde en fisika te oorweeg. Dit eindig in ’n beoordeling van konstantheid en verandering sowel as die onomkeerbaarheid wat in die tweede hoofwet van die termodinamika vervat is, met name die wet van nie-afnemende entropie. ’n Kort argument word gelewer oor die formulering van die eerste wet wat verkieslik as die wet van energie-konstansie waardeer moet word. Teen hierdie agtergrond word ’n beoordeling van die ontiese status van tydelikheid gegee, wat die vraag in die titel van hierdie artikel beantwoord.

 

Published

2023-02-02

How to Cite

Strauss, D. (2023). Temporality: a trait, a dimension or an aspect of reality. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 58(1&2), 101 - 113. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/774