Is Theocracy inescapable? Presuppositionalism, the public domain and post-secular theory

Authors

  • JA Schlebusch Department Systematic and Historical Theology, University of Pretoria

Keywords:

Clark Gordon, Dooyeweerd Herman, Post-secular, Presuppositional, Public domain, Rushdoony, Rousas John, Secularization

Abstract

In reaksie op die oorweldigende kritiek teen modernistiese narratiewe van sekularisasie, is die post-sekulêre draai gekenmerk deur ’n kritiese herevaluering van die rol van godsdiens in hedendaagse samelewings. In navolging van Jürgen Habermas, het post-sekulêre teoretici grotendeels daarin geslaag om die teenstelling tussen die godsdienstige en die sekulêre te dekonstrueer as dit kom by sosio-politieke deelname in die openbare lewe. Nietemin word post-sekulêre begrippe in hierdie verband steeds as onvoldoende beskou. Om hierdie rede bestaan daar steeds hewige debatte en selfs onsekerhede nie alleen aangaande die presiese betekenis van die post-sekulêre nie, maar ook spesifiek wat betref die waarde daarvan vir die verstaan van die rol van godsdiens in die samelewing. Een van die tekortkominge van die post-sekulêre teorie wat onlangs in die bestaande literatuur beklemtoon is, is die noodsaak van ’n kritiese herevaluering van die normatiewe voorveronderstellings wat vorm en rigting aan die openbare lewe gee. In die lig hiervan stel hierdie artikel Voorveronderstellende oftewel Aprioristiese Filosofie—soos geartikuleer deur filosowe soos Herman Dooyeweerd en Gordon Clark—voor as ’n skool wat tot nou toe verkeerdelik oorgesien is in gesprekke aangaande die post-sekulêre, maar wat ’n konstruktiewe raamwerk vir die verstaan van hierdie begrip kan verskaf. Dit word gedoen by wyse van die beklemtoning van hierdie skool se potensiaal vir die verstaan van die rol van normatiwiteit in die openbare lewe. Deur daarop te wys dat die openbare lewe onlosmaaklik verbind is aan ’n bepaalde gehegtheid aan voorveronderstellings van ’n godsdienstige aard, stel hierdie raamwerk ons op ‘n unieke wyse in staat om nie net die verouderde teenstelling tussen die godsdienstige en die sekulêre te oorbrug nie, maar ook om die rol van normatiewe voorverondestellings in die openbare lewe te belig. 

 

Published

2023-02-02

How to Cite

Schlebusch, J. (2023). Is Theocracy inescapable? Presuppositionalism, the public domain and post-secular theory. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 58(1&2), 79 - 95. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/771