Our dire need for moral education , and a possible way to provide in this need

Authors

  • Hannes van der Walt Research Fellow, Edu-HRight, Research Focus Area, Faculty of Education, North-West University

Abstract

Suid-Afrika, soos soveel ander lande ter wêreld, skyn te worstel met die probleem van morele verval in die bevolking. Die kernbetoog van dié artikel is dat hierdie probleem tot ’n mate teengewerk kan word deur die jongmense op skool al bloot te stel aan ’n meer doelgerigte en pasgemaakte morele waardes-program. In die proses moet voorkom word dat ’n nadelige pedagogiese benadering in die program vastrapplek kry. Na ontleding van moontlike alternatiewe tot toksiese etiese en morele opvoeding en onderwys word aan die hand gedoen dat ’n doelgerigte morele onderwysprogram vir alle Suid-Afrikaanse skole ontwerp word, maar dat ’n Bybelbegronde morele onderwysprogram spesiaal voorberei word vir, en aangebied word in Christelike onafhanklike skole. Sekere dele van laasgenoemde program kan bes moontlik ook bruikbaar wees in sekulêre (staat-, openbare) skole.

 

Published

2023-02-02

How to Cite

van der Walt, J. (2023). Our dire need for moral education , and a possible way to provide in this need. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 58(1&2), 61 - 78. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/770