Religion, Legal Scholarship, and a Christian Response

Authors

  • S. de Freitas

Abstract

Hierdie artikel ondersoek die wetenskap van regsgeleerdheid teen die agtergrond van ’n voorgestelde definisie van godsdiens, ’n tema wat deel vorm van die onbevare waters van die Suid-Afrikaanse regsleer. Ontwikkelinge elders bied ryke insigte en is aanwysend van die noodsaaklikheid en belang om die intieme verhouding tussen godsdiens en die reg aan te pak. So ’n ondersoek noodsaak ook ’n meer spesifieke en kritiese evaluasie van die rol van die regskool en die universiteit teen die agtergrond van godsdiens. ’n Christelike benadering tot bogenoemde tema word ook ondersoek. Gevolglik word die afleiding gemaak dat die Christelike lewensperspektief ook binne die wetenskap van regsgeleerdheid tot uiting moet kom. Die implikasies hiervan vir die verhouding tussen kerk en staat is, veral binne ’n hedendaagse liberalistiese demokrasie, van uiterste belang en relevansie.

Published

2006-06-30

How to Cite

de Freitas, S. (2006). Religion, Legal Scholarship, and a Christian Response. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 42(3), 25-56. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/73

Issue

Section

Artikels | Articles