The role of familialism in Counter-Enlightenment social ontology

Authors

  • JA Schlebusch Department Systematic and Historical Theology, University of Pretoria

Abstract

In reaksie tot wat hulle beskou het as die indiwidualiserende implikasies van die sosiale kontrakteorie soos voorgestel deur denkers soos Locke en Rousseau, het leidende figure geassossieer met die Kontra-Verligting van die negentiende eeu ’n kenmerkend familialistiese verstaan van die aard en struktuur van die menslike samelewing voorgestaan. Die idee dat die gesin en die uitgebreide familie die mees basiese en belangrikste boublok van die menslike samelewing vorm, was integraal to die sosiale ontologie van die Kontra-Verligting. In teenstelling met wat hierdie tradisionele konserwatiewes gesien het as die Liberalisme van die Verligting se atomisering van die indiwidu wat hom weerloos laat teen die opkomende mag van die gesentraliseerde staat, het negentiende-eeuse Kontra-Rewolusionêres soos Johan Gottfried Herder, Louis de Bonald, Robert Lewis Dabney en Guillaume Groen van Prinsterer betoog vir ’n verhoudings-gebaseerde sosiale posisionering van die indiwidu as ontologies geplaas binne die konteks van familie en bloedverhoudings—verhoudings wat die noodsaaklike raamwerk verskaf vir sosiale voorspoed. In hierdie opsig verteenwoordig die sosiale ontologie van die negentiende eeuse Kontra-Verligting ’n besonder interessante en noemenswaardige historiese fenomeen as ’n by uitstek moderne beweging wat gekenmerk is deur ’n sterk teoretiese weerstand teen daardie gangbare liberale sosiale ontologie wat grootliks bygedra het tot die vorming van moderne Westerse demokrasieë.

 

Published

2021-12-29

How to Cite

Schlebusch, J. (2021). The role of familialism in Counter-Enlightenment social ontology. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 57(3&4), 135 - 147. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/564