Suid-Afrika in ’n smeltkroes van verandering: eietydse en toekomsperspektiewe
Abstract
The point of departure of the article is that South Africa already reached a political tipping point (refer Duvenhage, 2020: Suid-Afrika by ? kantelpunt: ? slegte-saak scenario) and that South Africans are staring a very uncertain future in the face. A combination of political, economic and social forces has already created an environment far removed from what has normatively been envisaged by the Constitution of 1996. De jure South Africa has one of the best constitutions in the world, but in practice (de facto state) it became estranged from normative ideals like human rights, non-racialism, democracy and even the rule of law. This article states as hypothesis that combinations of political, economic and social realities are in the process to settle a different political dispensation (de facto or empirical state) and have in certain respects already done so. Currently, especially economic and financial circumstances, but also the dynamics within the ANC family, serve as triggers of change and require urgent and essential, but also unpopular decisions – particularly those in conflict with the nature and the ideology of the ruling ANC as a party. The leadership of the president (Cyril Ramaphosa) is also in no way convincing with regard to taking difficult decisions in these times. The article utilises an extensive environmental exploration to prove the above-mentioned hypothesis (assumption) as valid (or at least partly valid). This article is of a critical and polemic nature and form, as part of the bigger discourse currently on the go regarding the future of South Africa. In conclusion it is argued that we most probably experience the end of a political era and that an uncertain future stares us in the face.
Opsomming
Die vertrekpunt van die artikel is dat Suid-Afrika ? politieke kantelpunt bereik het (vergelyk Duvenhage, 2020: Suid Afrika by ? kantelpunt: ? slegte-saak scenario) en dat ? baie onseker toekoms Suid-Afrikaners in die gesig staar. ? Kombinasie van politieke, ekonomiese en sosiale kragte het reeds ? omgewing geskep wat ver verwyderd is van wat normatief gesproke deur die Grondwet van 1996 in die vooruitsig gestel is. De jure het Suid-Afrika een van die beste grondwette ter wêreld, maar in praktyk (de facto staat) is dit ver verwyderd van normatiewe ideale soos menseregte, nierassigheid, demokrasie en selfs die oppergesag van die reg. Hierdie artikel stel as hipotese dat kombinasies van politieke, ekonomiese en sosiale werklikhede besig is om aan ? andersoortige politieke bedeling (de facto of empiriese staat) beslag te gee en in sekere opsigte reeds gedoen het. Tans is dit veral ekonomiese en finansiële omstandighede, maar ook die dinamika binne die ANC-familie, wat as snellers van verandering dien en dringende en noodsaaklike, maar ook ongewilde besluite vereis – juis dit wat indruis teen die wese en die ideologie van die regerende ANC as party. Die leierskap van die president (Cyril Ramaphosa) is ook geensins oortuigend om moeilike besluite in hierdie tye te neem nie. Die artikel maak van ? omvattende omgewingsverkenning gebruik om bogenoemde hipotese (veronderstelling) as geldig (of ten minste gedeeltelik geldig) te bewys. Hierdie artikel is krities en polemies van aard en vorm deel van die groter gesprek wat tans oor die politieke toekoms van Suid-Afrika aan die gang is. Ten slotte word geredeneer dat ons in alle waarskynlikheid aan die einde van ? politieke era staan en dat ? onseker toekoms vir Suid-Afrikaners voor die deur lê. Oor die langer termyn kan patrone van staatkundige en politieke verval selfs gevolge inhou vir die staat as staat en dit kan heelwat meer behels as die kontekste van bloot ? regerings- of selfs ? regime-verandering.
Published
How to Cite
Issue
Section
In Terms of the provisions in the Copyright Act, 98 of 1987, as amended, the copyright of author(s) in regard to articles submitted to and published in the Journal for Christian Scholarship is protected. The Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys (VCHO) posesses the vested rights (copyright) in regard to published issues of the journal.
Die outeursreg (kopiereg) van outers ten opsigte van voorgelegde artikels aan en gepubliseerde artikels in die Tydskrif vir Christelike Wetenskap word beskerm, ingevolge die bepalings van die Wet op Outeursreg, 98 van 1987, soos gewysig. Die Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys (VCHO) beskik oor die gevestigde regte (outeursreg) ten opsigte van gepubliseerde uitgawes van die tydskrif.