Vrugbare wetenskappe

Authors

  • P. H. Stoker North-West University, South Africa
  • H. G. (Henk) Stoker North-West University, South Africa

Abstract

Volgens die Bybel is die eerste opdrag wat God aan die eerste mense gegee het, om vrugbaar te wees (Gen. 1:27). Hierdie vrugbaarheid word verder verduidelik deur die woorde, “word baie, bewoon die aarde en bewerk dit”. Vrugbaarheid dui hier op die wonder dat uit ? enkele mensepaar ? hele menslike bevolking voortgekom het om die wêreld te bewoon. Dit vertel ook iets van wat die groeiende mensdom moet doen, naamlik om die aarde te bewerk. Daarby word in dieselfde vers gesê dat die mens moet heers oor alles wat lewe.
Om hierdie opdrag uit te voer moet die mens insig kry in hoe die aarde bewerk kan en moet word om onder andere kos te produseer, asook wat die aard en gedrag van diere, voëls en ander lewende wesens is, sodat hulle goed en reg bestuur kan word. Daarom dat God in die tweede hoofstuk van die Bybel aan die mens opdrag gee om aan die diere name te gee (Gen.2:19) – name wat pas by hulle eiesoortigheid of aard (Gen.1:21,25). Van die begin af moes die mens dus navors, uitvind, wetenskap vorm. Die vrug van hierdie groeiende wetenskap maak dat dit vir die mens moontlik is om sy taak op aarde met al meer vrug te kan uitoefen. Dit maak egter ook die verantwoordelikheid van die mens al groter soos hy al meer beheer oor die skepping kry.

At creation God gave man the task to subdue the earth and to keep it. Every beast and every bird was brought to man to give an appropriate name to each of them. Therefore, man had to observe them and analyze his observations scientifically. Science of today was founded by the Greek philosophers from 600 BC, making science again part of man’s task. In particular Aristotle’s science was fruitful, with an impact over a period of about 2000 years. More recently, the science of Newton led to a mathematically description of experimental observations and a penetrating control of nature by precise instruments. A few centuries later Einstein’s theory of relativity showed its fruitfulness in the description and explanation of observations in the universe. Darwin’s evolutionary naturalism introduced a historic approach to synthesize observations; experimental observations became less important. According to evolutionary naturalism, all higher order living entities, including man, came forth by chance throughnatural forces (resembling mysticism?), dehumanizing man to a product of nature.

Published

2013-12-20

How to Cite

Stoker, P. H., & Stoker, H. G. (Henk). (2013). Vrugbare wetenskappe. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 49(4), 47-67. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/360

Issue

Section

Artikels | Articles