Stability amid change: What our theoretical frameworks accomplish for us
Abstract
Ons konseptualisering van linguale verskynsels stel ons in staat om teoretieslinguale toestande en gebeurtenisse op so ? manier vas te vang dat dit ons ondervinding van taal samehangend, betroubaar en verstaanbaar maak. ? Nuwe paradigma, ? komplekse sisteemteorie, het pas te voorskyn getree, wat verandering die essensie maak van wat ons waarneem. Alhoewel hierdie aanpak taal verandering en -ontwikkeling op nuwe maniere beskryf, moet dit nogtans, net soos die paradigmas wat dit voorafgegaan het, vir homself ? stabiele teoretiese raamwerk konsipieer. In daardie opsig is dit merkwaardig in dieselfde bootjie as die voorafgaande paradigmas: die strukturalisme, die generativisme, die kognitiewe linguïstiek, en selfs die sosiaal-semiotiese raamwerk wat onderliggend is aan sistemies-funskionele grammatika, en die van gespreksanalise. Dit is duidelik demonstreerbaar dat elkeen van hierdie paradigmas een of meer konstituente van wat die linguale dimensie van ons ervaring genoem kan word, geïsoleer het, en deur daarop te fokus hulle onderskeie raamwerke van ander paradigmas kon onderskei. Wat egter ? komplekse sisteemteorie uitsonderlik maak, is nie slegs dat dit ? besondere (organiese) siening van taalontwikkeling bied nie, maar ook dat dit ? meer as gebruiklike aantal konstituerende elemente van die linguale saambondel in wat ongetwyfeld ? komplekse linguistiese grondbegrip is. Die teoretiese blindekolle van ? komplekse sisteembenadering sal ongetwyfeld mettertyd onthul word, en moet derhalwe met dieselfde kritiese ingesteldheid hanteer word as die paradigmas wat dit besig is om uit te rangeer. Ons het tans nog nie ? kom prehensiewe teoretiese raamwerk vir die linguistiek nie; spesifiek een wat ons teoretiese visie op linguale verskynsels meer samehangend gaan maak, en dis ook te betwyfel of ons dit gou gaan kry. Om dit te kan bewerkstellig, sal ons veel meer meta-analitiese diskussie en debat moet voer.
Published
How to Cite
Issue
Section
In Terms of the provisions in the Copyright Act, 98 of 1987, as amended, the copyright of author(s) in regard to articles submitted to and published in the Journal for Christian Scholarship is protected. The Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys (VCHO) posesses the vested rights (copyright) in regard to published issues of the journal.
Die outeursreg (kopiereg) van outers ten opsigte van voorgelegde artikels aan en gepubliseerde artikels in die Tydskrif vir Christelike Wetenskap word beskerm, ingevolge die bepalings van die Wet op Outeursreg, 98 van 1987, soos gewysig. Die Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys (VCHO) beskik oor die gevestigde regte (outeursreg) ten opsigte van gepubliseerde uitgawes van die tydskrif.