Contemporary Christian spirituality and postmodernism: A fruitful conversation?

Authors

Abstract

Kan ’n dialoog tussen hedendaagse Christelike spiritualiteit en postmodernisme vrugte afwerp? Moet bespreking van postmodernisme aan die ander kant ten alle koste weerstaan word as gevolg van die bedreiging wat dit vir spiritualiteit bied? Die spesifieke verhandeling doen aan die hand dat postmodernisme en spiritualiteit, nieteenstaande verskille, aansienlik ooreenkomstig is en dat die ooreenkomstighede insigte in Christelike spiritualiteit en sy eie ryk bronne bespoedig, in die besonder in die ‘pyn van afwesigheid’ (‘ache of absence’) van die hedendaagse postmoderne tydperk. Hierdie insigte maak hedendaagse Christelike spiritualiteit meer toepaslik en verstaanbaar in die postmoderne tydperk. Ooreenkomstige korrelasies sluit die alles insluitende, fragmentariese en ondersoekende aard van albei verskynsels in, veral met betrekking tot transendensie en sake van ‘uiterste belang.’ Daar is ’n gemeenskaplikheid tussen die kenmerke van hedendaagse spiritualiteit en postmodernisme wat geleenthede, insigte en uitdagings vir die deurleefde ervaring bied en die akademiese uitoefening van spiritualiteit in ’n postmoderne tydperk.

Downloads

Published

2010-12-17

Issue

Section

Artikels | Articles

How to Cite

Contemporary Christian spirituality and postmodernism: A fruitful conversation?. (2010). Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 46(3 - 4), 103-121. https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/223