Adaptation or contradiction: The Berlin Mission Society among the Bapedi of the Eastern Transvaal

Authors

  • J. Seroto University of South Africa

Abstract

Die aktiwiteite van sendelinge gedurende die vroegste tydperke van die Suid-Afrikaanse geskiedenis word soms op wyd uiteenlopende wyses vertolk. Sommige outeurs beklemtoon byvoorbeeld op eensydige wyse die invloed wat sendelinge op individuele swart opperhoofde en plaaslike politiek gehad het. Ander lê weer uitsluitlik klem op die godsdienstige doelstellings van die sendelinge en hoe dit die kultureel-ekonomiese omstandighede van diegene met wie die sendelinge in aanraking gekom het, beïnvloed het. In hierdie artikel word gepoog om op ? meer gebalanseerde manier die soeklig te laat val op die wedersydse uitwerking van sekere sendingaksies wat deur die Berlynse Sendinggenootskap geloods is, op die oorspronklike kulturele en godsdienstige bestaanswyses van die Bapedi. Daar word, onder meer, aangetoon hoedat die sendelinge verplig was om hul evangelisasiepogings aan te pas, ten einde dit met sommige Bapedi-gebruike te laat rym, maar ook hoedat die aksies van die sendelinge die destydse Bapediopvattings oor die begrip mag, en oor verskillende soorte maghebbers, geleidelik verander het.

Published

2010-12-17

How to Cite

Seroto, J. (2010). Adaptation or contradiction: The Berlin Mission Society among the Bapedi of the Eastern Transvaal. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 46(3 - 4), 59-75. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/220

Issue

Section

Artikels | Articles