The relevance of disciple-making to the church in a post Christian age
Keywords:
evangelise, disciple-making, early Christian church, seeker-sensitive, churchesAbstract
Die kerk het die opdrag ontvang om dissipels te maak van alle nasies. Die vroeë Christelike kerk het hierdie opdrag getrou uitgevoer gedurende die eerste paar eeue. Nieteenstaande vervolging en teenstand, selfs die aflegging van hulle lewens in diens van die evangelie, het hulle die boodskap bly voortdra. Dit blyk dat die evangelie en verlossing deur die soendood van Christus ? leefwyse was wat hulle nie anders kon nie as om te deel met almal met wie hulle in aanraking gekom het. Hierdie studie ondersoek die praktyk van dissipelmaking in die evangeliese kerke teen die agtergrond van die vroeë christelike kerk en op grond van verskeie opnames in die verband word bevind dat daar ? ernstige agterweelating daarvan is in baie kerke. Verder dat die praktyk om dissipels te maak aangepas is of vervang is met hedendaagse alternatiewe. Hierdie toedrag van sake het gelei tot die ontmoediging, ontmagtiging en beskroomdheid van gelowiges om hulle geloof met ander te deel. Desteenstaande die ontwikkeling van die vroeë kerk oor die eeue bly die instrinsieke natuur en funksie van die kerk onveranderlik. Die kerk en gelowiges moet opnuut hulle roeping herontdek en met erns opneem, terwyl die beginsels en metodes van die vroeë kerk geïnkorporeer kan word.
Published
How to Cite
Issue
Section
In Terms of the provisions in the Copyright Act, 98 of 1987, as amended, the copyright of author(s) in regard to articles submitted to and published in the Journal for Christian Scholarship is protected. The Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys (VCHO) posesses the vested rights (copyright) in regard to published issues of the journal.
Die outeursreg (kopiereg) van outers ten opsigte van voorgelegde artikels aan en gepubliseerde artikels in die Tydskrif vir Christelike Wetenskap word beskerm, ingevolge die bepalings van die Wet op Outeursreg, 98 van 1987, soos gewysig. Die Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys (VCHO) beskik oor die gevestigde regte (outeursreg) ten opsigte van gepubliseerde uitgawes van die tydskrif.