Romanticism in Education: An Analytical Reflection on Learner-centredness

Authors

  • Irmhild Horn, Prof. University of South Africa

Abstract

Hierdie artikel bevat ? pleidooi vir die handhawing van hoë akademiese standaarde in skole. Die handhawing van hoë akademiese standaarde is belangrik vir Christene. Dit leer kinders die Bybelse werksetiek en dit kweek denkende mense wat logies en sistematies kan redeneer. Christenkinders moet leer om idees en teorieë teenoor die Bybel en die God-geskape werklikheid op te weeg. Veral in ons tyd van irrasionalisme, waar min intellektuele waarde aan Christenskap geheg word, benodig die Kerk geredde mense wat “… planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God …” (2 Kor. 10:5). Die kweek van sulke Christenmense begin nie eers op universteitsvlak nie, maar reeds op skoolvlak. Der halwe moet ons onderwysteorieë wat in skole toegepas word, evalueer. In hierdie artikel word daar besin oor leerdergesentreerdheid wat die tans dominanteonderwysteorie is.
Leerdergesentreerdheid is in ? romantiese geloof gegrond, naamlik dat alle kognitiewe vermoëns spontaan volgens ? natuurlike ontwikkelingslyn ontstaan en ontwikkel, en optimale onderwys in harmonie is met dié ontwikkelingslyn. Die oorsprong van leerdergesentreerdheid lê in Jean-Jacques Rousseau se onderwys naturelle. Rousseau se leerdergesentreerde idees word in hierdie artikel onder soek. Ander historiese figure wie se teorieë uit Rousseau se idees voortgespruit het, word ook kortliks bespreek. Daarna word leerdergesentreerde idees teenoor die werklikheid van kognitiewe vermoëns opgeweeg. Laastens word die konsekwente van leerdergesentreerdheid krities ontleed.

Published

2010-06-30

How to Cite

Horn, I. (2010). Romanticism in Education: An Analytical Reflection on Learner-centredness. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 46(1 - 2), 1-20. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/209

Issue

Section

Artikels | Articles