The Laudium Declaration: A Missiological Statement Reaffirming the Reformed Evangelical Character of the Reformed Church in Africa

Authors

  • Maniraj Sukdaven, Rev.

Abstract

Die Reformed Church in Africa is in die resente verlede as ‘fundamentalisties’ beskou. Vanweë haar posisionering as evangelies gereformeerd, asook besluite van die Sinode van 2002, is aanvaar dat dié kerk as piëtisties gesien moet word. Die Laudium Deklarasie (hierna LD) bly in hierdie opsig ’n belangrike dokument van die Reformed Church, ter uitdrukking van die evangeliese aard daarvan. In oorweging van die LD bly dit goeie praktyk om vas te stel wat die teologie behels wat so ’n deklarasie ondersteun en substansieer. Hierdie vasstelling help ook om die inhoud te verstaan, sodat dit gelees word sonder dat tot konklusies gekom word wat nooit deur die opstellers bedoel was nie, in besonder wanneer die Reformed Church as ‘fundamentalisties’ en ‘piëtisties’ bestempel word. Dit is steeds ook noodsaaklik om die LD aan die evangeliese etos, asook die posisie ten opsigte van sending en bekering wat deur dié kerk ingeneem word, te onderwerp. Die artikel dien daarom as ’n poging om aan die teologie, asook die intensie wat die ontwikkeling en formulering van die LD onderlê, te verklaar.

Published

2009-05-29

How to Cite

Sukdaven, M. (2009). The Laudium Declaration: A Missiological Statement Reaffirming the Reformed Evangelical Character of the Reformed Church in Africa. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, (1), 59-73. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/195

Issue

Section

Artikels | Articles