Mission and Conversion in the Changing Context of India with the Growth of Hindutva Movement – the Christian Response
Abstract
Ek is inderdaad dankbaar teenoor God en prof. Pieter Verster vir hierdie geleentheid om weer ’n keer na Suid-Afrika te kom, en deel te neem aan internasionale interaksie oor ’n tema wat uitermate belangrik is binne ons Indiese, asook die globale konteks vandag. Sending en bekering is ’n besonder brandende kwessie in hedendaagse Indië. Wat ek hier aanbied is ’n Indiese gevallestudie, met die doel om ’n globale verstaan van ons situasie teweeg te bring en ’n oproep om vennootskapsluiting te doen om die Indiese kerklike sending aan Indië, die grootste demokrasie op aarde vandag, te bevorder. Ten einde ons in ’n historiese perspektief in te lei oor die wyse waarop die sendinggeskiedenis in Indië ontwikkel het, en om die status van bekering in die Indiese situasie te bestudeer, sal ek die gegewens kronologies-omlynd aanbied.
Published
How to Cite
Issue
Section
In Terms of the provisions in the Copyright Act, 98 of 1987, as amended, the copyright of author(s) in regard to articles submitted to and published in the Journal for Christian Scholarship is protected. The Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys (VCHO) posesses the vested rights (copyright) in regard to published issues of the journal.
Die outeursreg (kopiereg) van outers ten opsigte van voorgelegde artikels aan en gepubliseerde artikels in die Tydskrif vir Christelike Wetenskap word beskerm, ingevolge die bepalings van die Wet op Outeursreg, 98 van 1987, soos gewysig. Die Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys (VCHO) beskik oor die gevestigde regte (outeursreg) ten opsigte van gepubliseerde uitgawes van die tydskrif.