Conversion and Mission – a South-South Dialogue, from the Perspectives of David Bosch and Orlando Costas

Authors

  • Carlos Caldas, Prof. Mackenzie Presbyterian University, Brazil

Abstract

Die outeur, ’n teoloog wat in Brasilië werk, wys daarop dat die tipiese bekeringsprediking in die Latyns-Amerikaanse evangeliese kringe gekorrigeer behoort te word. Twee verskralings wat hy aandui is: (a) dat die dramatiese Paulus-tipe bekering as normatief geld, en (b) dat dit baie individualisties en eenmalig gesien word. Hy wys daarop hoe die menings van die Suid-Afrikaanse missioloog, David Bosch, en die Latyns-Amerikaanse Orlando Costas, as die nodige korreksies uit die Suide gesien kan word. Bekering is ’n holistiese ingrypende gebeure wat baie verskillende vorms aanneem. Verder is dit ’n dinamiese, voortgaande proses van verandering wat nie net ’n ‘bekering van’ nie, maar ook ’n ‘bekering tot’ insluit. Hy meen dat hierdie tipies gereformeerde beklemtonings is.

Published

2009-05-29

How to Cite

Caldas, C. (2009). Conversion and Mission – a South-South Dialogue, from the Perspectives of David Bosch and Orlando Costas. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, (1), 15-27. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/192

Issue

Section

Artikels | Articles