Basic principial and legal perspectives on the Basic Education Laws Amendment Bill - BELA (2021)
Abstract
Die onlangse voorlegging van die Basic Education Laws Amendment Bill (2021)(BELA), en die ondertekening daarvan tot wet deur die President van Suid-Afrika op 13 September 2024, het tot wyd uiteenlopende en teenstrydige gespreksvoering gelei. Verskeie organisasies en individue het die aanvaarding daarvan deur die parlement verwelkom as ? stap in die regte rigting, terwyl ander dit verwerp het as ? onverbloemde aanval op veral Afrikaans-medium skole. BELA het twee sleutelaspekte aangaande skoolwese na vore gebring: die reg van ouers om te bepaal welke soort skoolonderwys hulle vir hulle kinders verlang, en die vraag of die konsep van staatskole regverdigbaar is. Hierdie artikel handel oor hierdie twee vrae. Die eerste gevolgtrekking waartoe gekom word, is dat die stemme van ouers, as die primêre opvoeders van hulle eie kinders, nooit stilgemaak mag word nie. Die tweede gevolgtrekking is dat die idee van ? staatskool in normale omstandighede nie regverdigbaar is nie. Dit word derhalwe in die lig van hierdie twee gevolgtrekkinge aanbeveel dat omsigtige onderhandelinge in die raamwerk van ? skoolgemeenskapskakelingsforum gevoer behoort te word wanneer dit nodig raak vir ? skool om sy toelatingsbeleid en sy taalmedium van onderrig te verander as gevolg van demografiese veranderinge in sy voedingsgebied.
Published
How to Cite
Issue
Section
In Terms of the provisions in the Copyright Act, 98 of 1987, as amended, the copyright of author(s) in regard to articles submitted to and published in the Journal for Christian Scholarship is protected. The Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys (VCHO) posesses the vested rights (copyright) in regard to published issues of the journal.
Die outeursreg (kopiereg) van outers ten opsigte van voorgelegde artikels aan en gepubliseerde artikels in die Tydskrif vir Christelike Wetenskap word beskerm, ingevolge die bepalings van die Wet op Outeursreg, 98 van 1987, soos gewysig. Die Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys (VCHO) beskik oor die gevestigde regte (outeursreg) ten opsigte van gepubliseerde uitgawes van die tydskrif.