Martin Luther on Education

Abstract

Deur hierdie artikel word eerstens gepoog om ’n gesistematiseerde uiteensetting van Martin Luther (1483-1546) se idees aangaande die opvoeding te bied aan die hand van ’n literaruurstudie van hoofsaaklik primêre bronne. Tweedens bring dit ook sy sieninge in verband met die hedendaagse verskynsel van multi-religieuse onderrig aan Suid-Afrikaanse skole. Luther se religieuse-opvoedkundige, sekulêre opvoedkundige en nasionaal-opvoedkundige doelstelings, asook sy sieninge aangaande die kurrikulum, opvoedingsdissipline en onderrigmetode, word bespreek. Daar is bevind dat Luther se sieninge aangaande die bogenoemde aspekte rakende die opvoeding relevansie toon met sy religieuse opvoedingsdoel naamlik die daarstelling van ’n liggaam van ware Christelike gelowiges. Wat die relevansie van Luther se opvoedingsdenke en multi-religieuse onderrig betref, word die belangrikheid waarmee Luther die ouers se rol in die Christelike vorming van hul kinders speel uitgelig. Enkele opmerkinge oor die hedendaagse relevansie van sy sieninge aangaande opvoedingsdissipline word ook gemaak.

Published

2007-06-29

How to Cite

Martin Luther on Education. (2007). Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 43(3 - 4), 179-199. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/135

Issue

Section

Artikels | Articles