The Jurisdiction of Science: What the Evolution/Creation Debate is Not About

Authors

  • I. T. Benson University of the Free State, South Africa

Abstract

Elke dissipline beskik oor sy terrein van kundigheid, of, anders gestel, sy jurisdiksie waarbinne dié tipe vrae wat op daardie dissipline van toepassing is, ondersoek en onderrig kan word. ’n Dispuut kan ontstaan by die skeidings ter bepaling of ’n spesifieke onderwerp na regte een is wat binne die dissipline tuishoort en of dit iets is wat op ’n ander terrein onderrig moet word. Binne die onderrig van Biologie in skole, bestaan daar reeds vir ’n aantal jare ’n debat oor watter tipes benaderings tot die onderrig van die evolusieteorie gepas sou wees in klaskamers in openbare skole. Dit is belangrik, want vir sommige ouers het die “teorie van evolusie” dogmatiese aspekte aangeneem waarbinne teologie en wetenskap op onvanpaste wyse vermeng word. Of, die teorieë omtrent oorspronge wat sekere tipes geloof aanhang, hetsy godsdienstig of nie, kan weer konflikte laat ontstaan indien dit as “wetenskaplike feit” onderrig word wanneer, so word daar geargumenteer, genoegsame getuienis bestaan om alternatiewe teorieë aan te bied. Wat behoort te gebeur wanneer die verskillende beskouings in konflik met mekaar is? Afdeling I van die artikel sit sommige van die teoretiese kwessies uiteen wat op hierdie terrein betrekking het, en suggereer dat deur aandag aan die gepaste jurisdiksie van wetenskap te gee, dit sal help om die “evolusiedebat” binne ’n konteks te plaas wat voorsiening behoort te maak vir breër bespreking van alternatiewe teorieë as dié van lukrake moontlikheid en ateleologiese ontwikkeling. Die idee van “intelligente ontwerp” word spesifiek as ’n onderwerp bespreek wat dalk wel gepas vir ’n wetenskapklaskamer mag wees indien dit as ’n teorie in kompetisie met ander teorieë onderrig word – soos een kommentator dit genoem het “die onderrig van konflikte”. Afdeling II van die artikel kies ’n werklike voorbeeld uit ’n dispuut wat met die kurrikulum van hoërvlak-skoolbiologiekursusse in Brits-Columbië, Kanada, verband hou. Hierdie dispuut word geanaliseer aangesien die verskillende standpunte ingeneem deur skooladministrateurs, onderwysers, gemeenskapsgroepe en die Ministerie van Onderwys self, die wydverspreide perspektiewe toon wat debatte elders geïnspireer het. Dit sluit af deur aan te voer dat die wyse waarop die saak in Brits-Columbië “opgelos” is, ’n ontoepaslike respons is op die konflikte en deur enige onderrig omtrent “intelligente ontwerpteorie” in die biologie-kurrikulum te verban, neerkom op ’n ideologiese beperking op sake wat toepaslik vir hoërskoolonderwys is.

Published

2007-06-29

How to Cite

Benson, I. T. (2007). The Jurisdiction of Science: What the Evolution/Creation Debate is Not About. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, 43(3 - 4), 1-29. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/125

Issue

Section

Artikels | Articles