Abortion in South Africa: How We got Here, the Consequences, and What is Needed

Authors

  • Jeanine McGill

Abstract

Aborsie op aanvraag is sedert 1997 beskikbaar, maar dit is nie heeltemal ongekend nie, aangesien Suid-Afrika ’n geskiedenis van onvoldoende beskerming van ongebore lewe het. Romeins-Hollandse gemenereg wat aborsie verbied is voor 1975 toegepas, alhoewel aborsie nooit plaaslik as ’n halsmisdaad beskou is nie. Daarbenewens is die ongebore kind nie as ’n regspersoon deur die gemenereg beskou nie en het dus nie enige regsbeskerming gehad nie. Die 1975-wet het die grondslag gelê vir die aanvaarding (en, uiteindelik, bevordering) van eugenetiese aborsies. Deur verkragting as ’n grondslag vir aborsie te beskou, het die 1975-wet die redes vir die kriminalisering van aborsie ondermyn. Die “bedreiging vir geestesgesondheid”-bepaling in die 1975-wet is wyd gebruik om aborsies toe te laat. Die 1996-wet het aborsie op aanvraag tot en met 20 weke effektief gewettig. Die beskerming van ongebore kinders kan teweeggebring word deur die bepaling dat regsindividualiteit by bevrugting begin. Anders kan regsindividualiteit bepaal word by ’n punt na bevrugting, maar voor geboorte. Vir die huidige toon menslikheidsorg dat daar beter keuses as aborsie is. Die openbaarmaking van materne sterftes as gevolg van wettige aborsies, asook wanpraktyke in die aborsie-industrie, beskik oor die potensiaal om aborsie in diskrediet te bring en die argument dat dit goed is vir vroue, te ondermyn. Soos uit die geskiedenis blyk, sal die kerk se aksies met betrekking tot aborsie beslissend wees.

Published

2006-08-31

How to Cite

McGill, J. (2006). Abortion in South Africa: How We got Here, the Consequences, and What is Needed. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, (2), 195-222. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/113

Issue

Section

Artikels | Articles