Dodging the Dogmatisms: Methodist Reflections on Abortion

Authors

  • R. Neville Richardson, Rev. Dr.

Abstract

In die wydverspreide debatte wat die 1996-wetgewing oor aborsie voorafgegaan het, het die Metodistekerk van Suidelike Afrika sy denkwyse oor hierdie onderwerp weer in oënskou geneem. Dié kerk se amptelike verklaring in 1995, erken die gekompliseerdheid van die aangeleentheid en die uiteenlopendheid van opinies binne die kerk. Dit bepleit die respektering van ’n verskeidenheid van opreg-gehuldigde oortuigings oor die saak, maar stel die basiese geloof in “die heiligheid en die waarde van menslike lewe”. Tog is die denke daaromtrent nie eenvoudig nie en beweeg dit tussen twee pole. Aan die een kant is daar die (verwagte) oortuiging dat “aborsie op enige stadium van swangerskap ongewens en nie in harmonie met die perfekte wil van God is nie”. Aan die ander kant is daar die erkenning van die besonderhede van die maatskaplike konteks en van “’n onvolmaakte wêreld” waar aborsie ongelukkig ’n geoorloofde opsie word. Oorwegings van pastorale sorg word dan na vore gebring. Die voorgestelde pad vorentoe vir die Metodistiese denke hieroor en oor ander morele vrae gaan van die standpunt uit dat “vier dogmatismes” vermy moet word – dié wat verband hou met Skriftuur, tradisie, die natuurlike reg en ondervinding. Met hierdie delikate en komplekse taak, verskaf die terugkeer na die Wesleyaanse vierhoek ’n genuanseerde en nuttige etiese benadering.

Published

2006-08-31

How to Cite

Richardson, R. N. (2006). Dodging the Dogmatisms: Methodist Reflections on Abortion. Tydskrif Vir Christelike Wetenskap | Journal for Christian Scholarship, (2), 91-208. Retrieved from https://pubs.ufs.ac.za/index.php/tcw/article/view/108

Issue

Section

Artikels | Articles